Marco Polo

Marco Polo
Gebore
Marco Pilicin

15 September 1254
Venesië, Republiek van Venesië (tans Italië)
Sterf8 Januarie 1324
Venesië, Republiek van Venesië (tans Italië)
NasionaliteitItalië
BeroepHandelaar
Bekend virDie Reise van Marco Polo
EggenootDonata Badoer
KindersFantina, Bellela en Moretta
Ouer(s)Moeder: Nicole Anna Defuseh
Vader: Niccolò Polo

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Marco Polo ontmoet Kublai Khan

Marco Polo (15 September 12548 Januarie 1324) was een van die eerste (tesame met sy pa en oom) Westerlinge om met die syroete na China te reis. Sy boek Il Milione dokumenteer sy roete na en ondervindings in die Ooste.

Marco Polo (1254?- 1324) was ʼn Venesiër wat in die tweede helfte van die 13e eeu 'n geruime tyd saam met sy vader en oom in die hoofstad van die Mongoolse Ryk vertoef het. Die boek wat hy geskryf het, is as Middeleeuse land en volkbeskrywing uniek in die opsig dat dit op eie ervaring berus.

As gevolg van die vinnige verspreiding van die Islam sedert die 7e eeu is die verbindingsweë tussen Europa en Asië in die Middeleeue afgesny. In die 12e eeu het die situasie in China verander deur die ontstaan van die Mongoolse Ryk, wat blitsvinnig deur die nomadiese Mongole onder leiding van Djengis Khan opgebou is. In die tweede helfte van die 13e eeu was Koeblai Khan (Groot Khan) die opperheerser van die Mongoolse Ryk wat van die Swart See in die weste tot by Noord-China in die ooste gestrek het.

Die ryk was verdeel in provinsies, elk onder ʼn eie Mongoolse khan. Koeblai se winterverblyf was in 'n nuwe stad, Kahnbalig, wat in 1267 gestig is en later as Peking bekend geword het. Die herstel van die orde onder die Mongoolse bewind in Asië het dit weer moontlik gemaak om te reis. Waarskynlik het Europese handwerkers nog voordat Koeblai aan die bewind gekom het, na die Mongoolse hof gereis om hul dienste daar aan te bied.

Die soort kontak tussen die Ooste en Weste het teen die einde van die 14e eeu, met die ineenstorting van die Mongoolse Ryk, tot 'n einde gekom. Teen die einde van die 15e eeu was die direkte roete oor land weer onbruikbaar en moes 'n nuwe seeroete om Afrika met groot moeite gesoek word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search